Gewasbeskerming: ’n Oorhoofse siening
Volgens die Voedsel-en-Landbou-organisasie (Food and Agriculture Organisation, of FAO) het die wêreldbevolking teen 2017 reeds 7,55 miljard bereik en daar word voorspel dat hierdie syfer teen 2050 tot 9,8 miljard sal styg. Wanneer hierdie negatiewe voorspellings oor die landbou en klimaatsverandering in ag geneem word, is almal dit eens dat daar aansienlike verbeteringe aan die produktiwiteit van landbou aangebring moet word om die huidige opbrengsvlakke te handhaaf.
Gewasbeskermingschemie is ‘n noodsaaklike deel van kommersiële landbouproduksie en daar word beraam dat sekere graanopbrengste met tussen 20 – 50% kan afneem indien daar versuim word om gewasbeskermingsprodukte te gebruik. Gelukkig het die chemiese vervaardigingsektor grotendeels voorsiening gemaak vir die toenemende aanvraag en tussen 2001 – 2016 ‘n bestendige groeikoers van 3,8% getoon. Afgesien van die onmiskenbare bydrae wat die plaagdoderindustrie tot ons huidige lewensgehalte en voedselsekerheid maak, is dit nogtans belangrik om bedag te wees op die ernstiger kwessies.
1) Die koste verbonde aan produkontwikkeling beloop tussen R1,7 – R8,5 miljard en kan tot so lank as 10 jaar neem om af te handel. Gewoonlik word daar slegs ‘n enkele produk uit 160 000 produkte vir kommersialisering gekies. Die kostes asook die ontwikkelingstydperk van nuwe produkte is ook aan die toeneem. So byvoorbeeld, was die gemiddelde koste en ontwikkelingstydperk van ‘n nuwe produk in 1995, onderskeidelik R2,6 miljard en 8,3 jaar. As gevolg van die kostes hieraan verbonde en die toenemende druk op die omgewing, is dit dus nie ’n verrassing dat die aantal bekendstellings van nuwe produkte gedurende die 1990’s ’n hoogtepunt bereik het en daarna afgeneem het nie.
2) Nuwe produkte is oor die algemeen veilig vir gebruik en teikenspesifiek, maar baie duurder as breëspektrumprodukte. Ter verduideliking: Gedurende die 1950’s was die algemene toedieningskoers 1 700 g aktiewe bestanddeel/ha in vergelyking met vandag se standaard van tussen 60 – 180 g aktiewe bestanddeel/ha.
3) Toenemende kompetisie het gelei tot die toename in korporatiewe samesmeltings. Gedurende die 1990’s was daar tien groot landbouchemiese maatskappye in die VSA, maar vandag het daar slegs vier oorgebly. Die implikasie in terme van kompetisie is dus voor die hand liggend.
4) Afgesien van die gepaardgaande groei van die biologiese plaagbeheersektor tydens die 1990’s, is die wêreldmarkdeel van 5,6% relatief klein.
Met verloop van tyd het die benadering tot plaagbeheer verander en het noemenswaardige geleenthede opgeduik.
1) Nuwe molekulêre tegnieke, soos CRISPR/Cas9, vergemaklik die ontwikkeling van geneties gemodifiseerde / weerstandbiedende plantvariëteite met ’n onbeduidende of geringe invloed op die omgewing. Hierdie benadering bied wel ‘n beperkte voordeel vir permanente gewasse soos makadamias en avokado’s, maar kan wel ‘n bydrae lewer tot toekomstige innovasie.
2) Presisie-landbou is ‘n plaasbestuursbenadering wat gebruik maak van inligtingstegnologie om te verseker dat die gewasse en grond die presiese behandeling ontvang wat vir optimale gesondheid en produktiwiteit nodig is. Hierdie konsep bevorder winsgewendheid, volhoubaarheid en beskerming van die omgewing en maak staat op die akkurate datavaslegging en besluitondersteuning. Nuutskeppings in die IT-bedryf, soos LoRa en Sigfox, vergemaklik die data-insamelingsproses. Afgesien daarvan dat dit van tradisionele geïntegreerde plaagbeheer (integrated pest management, of IPM) verskil, is die verskil in die metodes en doeltreffendheid van datavaslegging aansienlik groter en duideliker en word daar aanbeveel dat dit ‘n integrale deel van boordverkenning moet wees.

Die gewasbeskermingsindustrie het wêreldwyd talle veranderinge ondergaan, tog is dit belangrik om daarop te wys dat talle insekverwante kwessies in sub-tropiese gewasse in Suid-Afrika in werklikheid inheems is. ‘n Unieke oplossing is nodig en sluit die volgende in:
1) Bestudeer, verstaan, en verminder die stresverwante faktore in sub-tropiese vrugte- en neutbome. Dit sal lei tot meer doeltreffende bestuur van insekte soos bas- en ambrosiakewers, sowel as die makadamia-viltkoksied. Hierdie benadering behoort ook ‘n invloed te hê op die bestuursfilosofie van siektes soos Phytophthora (wortelvrot & stamkanker) en Botryosphaeria (taksterugloop).
2) Suid-Afrika doen reeds uitgebreide navorsing op mikrobiese plaagbeheer (produkte wat patogeniese organismes bevat), maar hierdie produkte het van nature ‘n kort lewensduur, veral in hoë UV-vlakke. Daar moet dus nog heelwat navorsing gedoen word oor die aanpassings wat gedoen moet word om die lewensduur van hierdie produkte te verleng sodat die produkte uiteindelik as deel van roetine- gewasbeskermingsprogramme gebruik kan word.
3) Tans is daar geen feromoon-ontwikkelingsfasiliteit in Suid-Afrika nie. Baie van ons plae is inheems. Derhalwe kan moniterings- en beheerstelsels uit ander lande nie net gewoon ingevoer en aangepas word nie. Strategies is dit raadsaam vir uitvoerders om nie die huidige status quo te handhaaf nie.
4) Feromone en mikrobiese plaagbeheermetodes kan saamgespan word om lok-en-besmet-stelsels te ontwikkel.
5) Suid-Afrika is een van die voorste lande in terme van biodiversiteit. Ten spyte van die insekdodende eienskappe van plantgebaseerde produkte, soos neemolie, natuurlike piretriene en rotenoon, is daar nog min gepoog om saam te span om hierdie waardevolle bate te benut.

Die gewasbeskermingsindustrie is besig om te verander, tog is verandering nie noodwendig negatief nie. Wanneer geen verandering plaasvind nie, moet die vraag gevra word of dit te wyte is aan stagnering of, nog erger, agteruitgang. Dis noodsaaklik dat produsente en industrieleiers bewus is van hierdie veranderinge, want met verandering duik daar altyd nuwe geleenthede vir ontwikkeling op.
AVIMA bied ’n reeks oplossings vir plaagbestuur om produsente by te staan in hulle stryd teen ongewenste indringers. Hierdie oplossings sluit saadbehandelings en naopkomsplaagdoders in. AVIMA ondersteun die verantwoordelike toediening van landbouchemikalieë en beveel aan dat produsente slegs geregistreerde produkte gebruik en streng by die voorskrifte op die etiket hou.