Die maatstaf vir ‘n

beter toekoms

AVIMA

Jou vennoot in Afrika

By AVIMA is ons hooffokus om ’n tasbare verskil in die lewens van miljoene mense op die vasteland van Afrika te maak. Geanker in ’n ryk geskiedenis wat oor bykans 60 jaar strek en werksaam in meer as 25 lande, is ons trots op die produkte en dienste wat ons aan die landbou- en openbaregesondheidsektore bied.

Ons benadering tot die bedryf behels ’n kombinasie van innoverende produkte met goed ontwikkelde ondersteuningspakkette en ’n span kundiges wat daartoe bydra om lewens te beskerm (geïntegreerde vektorbestuur), voedselsekerheid te handhaaf (gewasbeskerming) en om plaagvrye omgewings (omgewingsgesondheid) te skep. Ons doen dit deur ’n maatstaf vir ’n beter toekoms daar te stel.

Ons portefeulje word ondersteun deur ons handelsmerkbelofte aan jou – ’n belofte geskoei op ons
7-puntstandaardstrategie. Die portefeulje sluit in: stedelike plaagbeheer, malariavektorbeheer, gewasbeskerming, die verbetering van saad, beskerming van gebergde produkte, kontrakformulering en verpakking, asook tsetsevlieg- en sprinkaanbeheer.

 

1. Beste gehalte produkte

Beste gehalte en beproefde produkte van geregistreerde en goedgekeurde verskaffers met ’n goeie reputasie en wat voldoen aan die regulasies van die lande waar sodanige produkte versprei word.

2. Naspeurbare gehaltebestuur

Naspeurbare gehaltebestuur vanaf oorsprong tot verkoopspunt. Om dié rede maak die doeltreffende aanwending van alle vereiste omgewingsgesondheids- en veiligheidstandaarde deel uit van ons produksieproses. Net nog ’n bewys van ons verantwoordelikheid en verbintenis teenoor die omgewing.

3. Knap formuleringsvermoëns

Ons kundigheid ten opsigte van die formulering van produkte, stel ons in staat om die kliënt se behoeftes in ag te neem en daaraan te voldoen (bv. die soort formulerings, toedieningsmetodes, ens.), en is die effektiwiteit van ons produkte gelykstaande aan soortgelyke topprodukte in die mark.

4. Korter omkeertyd tussen produk tot mark

Ons verbeter en standaardiseer voortdurend ons produksieprosesse om die omkeertyd tussen produksie en wanneer die produk markgereed is, te verkort.

5. Tegniese en naverkopesteun

Ons bied uitstekende tegniese ondersteuning en naverkope-advies vir elke produk.

6. Prysbestendigheid en mededingendheid

Ons prysbestendigheid, koste-doeltreffendheid en prysmededingendheid, ondanks markskommelinge, stel ons in staat om die betroubare verskaffing van produkte te waarborg.

7. Gebruik plaaslike kundigheid

’n Trotse tradisie om plaaslike kundigheid en tegnologie aan te wend in die vervaardiging van ons produkreeks, dra by tot die volhoubaarheid van ons handelsmerk.

Produkte

Ons uitgebreide produkreeks sluit in: gewasbeskerming, siektevektorbeheer (malaria en ander), stedelike plaagbeheer en gespesialiseerde produkte vir die beheer van tsetsevlieg en sprinkane. Saam met ons pasgemaakte ondersteuningsdienste en logistieke oplossings, kan jy op ’n allesomvattende vennootskap staatmaak.

 

GEWASBESKERMING

Ons portefeulje sluit insekdoders, onkruiddoders, swamdoders, slakdoders, plantgroeireguleerders, saadbehandelings, beskerming van gebergde produkte, spesialiteit- plaag- en sprinkaanbestuur asook benatters (bymiddels), in.

Word vandag nog ’n vennoot en deel in die holistiese oplossings en steun wat ons jou landbouonderneming bied.

GEïNTEGREERDE VEKTORBESTUUR

Ons spesialiseer in malariavektorbeheer en tsetsevliegbestuur en het reeds met groot sukses saam met van die voorste ondernemings en nasionale regerings dwarsoor Afrika suid van die Sahara gewerk in die doeltreffende beheer van hierdie plae en siektes. Ons sukses kan toegeskryf word aan ons geïntegreerde benadering ten opsigte van ons produkoplossings. Dit sluit in die inwin van inligting, die ontwikkeling en uitbreiding van ons vaardighede, prosesse en hulpbronne, asook ons dienslewering op grondvlak.

OMGEWINGSGESONDHEIDSBESTUUR

’n Gesonde omgewing lei tot ’n gelukkige en produktiewe gemeenskap. Daarom is ons daartoe verbind om higiëniese en plaagvrye omgewings te skep. Ons doen dit met ons uitgebreide reeks omgewingsgesondheidsprodukte. Ons aanbod sluit algemene plaagbestuur, knaagdierdoders asook vlieg- en termietbestuur in.

Affiliasies

Gerhard Verdoorn
nesher@tiscali.co.za
+27 82 446 8946

(+27) 11 769 1300

info@avima.co.za

Aschenbergstraat 18,
Chamdor,
Krugersdorp,
Suid-Afrika

Die maatstaf vir 'n

beter toekoms