Meer oor ons
AVIMA (’n akroniem vir: Agricultural, Veterinary, Industrial Manufacturing and Marketing) is ongeveer 60 jaar gelede gestig. Die maatskappy groei steeds en is ’n Suid-Afrikaanse plaagdodervervaardiger, -verspreider en diensverskaffer. Ons het reeds meer as 180-plaagdoderregistrasies wat deel van ons portefeulje uitmaak.
AVIMA werk nou saam met regerings, nieregeringsorganisasies, boere en ander kommersiële ondernemings om volhoubare oplossings vir doeltreffende plant-, huishoudelike en diereplaagbestuur, asook siektevektorbeheer, te bied. Met ons uitgebreide reeks produkoplossings en omvattende steun- en opleidingspakkette, het ons ’n sterk gevestigde teenwoordigheid in meer as
25 Afrikalande.
’n Ryk geskiedenis
’n Toegewyde span
Die sukses wat ons oor die afgelope 60 jaar behaal het, is grootliks te danke aan uitstekende produkte, maar ook uitstaande mense.
Ontmoet ons span – die individue wat jou sal bystaan om ’n beter en volhoubare toekoms daar te stel.
Verkoopsnavrae
Niemand ken AVIMA en die voordele wat die produkte jou kan bied, beter as ons verkoopspan nie. Hulle werk nou saam met raadgewers wat AVIMA se produkte vir individue en korporatiewe groepe op die punte van hulle vingers ken. Derhalwe is hulle geakkrediteer om net die beste advies te gee.
Omgewingsgesondheid
Ons strewe voortdurend na volhoubaarheid deur groter verantwoordelikheid ten opsigte van ons produkte en dienste aan die dag te lê. Sodoende skep ons higiëniese en plaagvrye omgewings – nie net vir gemeenskappe vandag nie, maar ook vir toekomstige generasies.
Tegniese vrae
Ons holistiese benadering kombineer innoverende produkte met goed ontwikkelde pakkette en die ondersteuning van ’n span kundiges. Gesels gerus met ons oor al jou landbou- en tuinboukwessies
Met ons uitgebreide reeks produkoplossings en omvattende steun- en opleidingspakkette, het ons ’n sterk gevestigde teenwoordigheid in meer as
25 Afrikalande.
Geassosieerde Maatskappye
Ons vennootskappe met Klub M5 en Ortus stel ons verder in staat om ons holistiese aanbod te vergroot. Ortus, met hulle terbufos-gebaseerde formulering, is die voorloper in die mark vir die beheer van insekplae en aalwurms wat tot hoër gewasopbrengste lei. In hul strewe na volhoubare landbou, is Klub M5 se Geïntegreerde Plaagbestuurprogramme (GPB) ’n belangrike toevoeging tot ons aanbod.
Avima is die alleenverspreider van Nordox-produkte in Suid-Afrika & Klub M5 is die alleenverspreider van Gowan-produkte in Suid-Afrika.
Affiliasies
(+27) 11 769 1300
info@avima.co.za
Chamdor,
Krugersdorp,
Suid-Afrika