Die beheer van knaagdiere
Voorkoming is beter as genesing. Die vestiging van roofvoëls in die omgewing word aangemoedig, derhalwe word ’n beheerprogram wat hiertoe bydra, verkies. Daar word aanbeveel dat knaagdiergate liewer vernietig word en dat knaagdierdoders slegs gebruik word wanneer dit werklik nodig is.
AVIMA se Rodex en Rodex Raptor-reekse verskaf twee aktiewe bestanddele vir die beheer van verskillende knaagdiere wanneer die gebruik van knaagdierdoders die enigste opsie is.
Fig.1 Lastige knaagdier
Brodifakum (Rodex) is ’n knaagdierdoder wat met ’n enkelvoeding knaagdiere kan dood. Difenakum (Rodex Raptor) is ’n veelvuldige voedingsmiddel wat vereis dat die knaagdier twee tot drie dae agtereenvolgend daaraan moet vreet voordat dit vrek. Ongeag die verskillende metodes van werking, is albei reekse hoogs effektief en ’n meer bekostigbare oplossing. Avi-Knaagdood wat sinkfosfied bevat, kan ook by die beheerprogram ingesluit word. Dié produk is sodanig geformuleer dat dit net so gebruik kan word.
Fig.2 Rodex aasblokkies
Dit is belangrik om die regte lokaas vir die spesifieke situasie te gebruik. Die Rodex Raptor-reeks werk uitstekend wanneer graan en ander veldkos skaars is. Dit is ook die beste tyd om knaagdiere uit te roei, want hulle is honger en sal meer geredelik aan die lokaas vreet. Difenakum hou ook ’n laer risiko van sekondêre vergiftiging in en kan by ’n beheerprogram waar daar roofvoëls in die omgewing is wat op die knaagdiere jag, ingesluit word. Wanneer daar grootskaalse infestering is, veral gedurende planttyd en wanneer groot hoeveelhede graan geberg word, word daar aanbeveel dat Rodex-produkte wat Brodifakum of Avi-Knaagdood met sinkfosfied, bevat, gebruik word. Selfs al vreet die knaagdier net een keer van die lokaas, is dit klaar met kees.
Rodex en Rodex Raptor is in verskillende formulerings soos wasblokkies en korrels beskikbaar. Die unieke ontwerp van die lokaas maak dit ideaal as lokaas omdat die gat in die blokkie ’n ferm ankerpunt verskaf. Die blokkie se ontwerp en oneweredige kante moedig ook knaagdiere om daaraan te knaag en sodoende word meer van die produk ingeneem. Die blokkies is ook meer bestand teen uiterste toestande en kan buite gebruik word.
Korrels is veelsydig aangesien dit binnes- en buitenshuis gebruik kan word. Knaagdiere hou van die hoëgehalte basismateriaal en die aktiewe bestanddeel is meer eweredig deur die korrel versprei. Die korrels kan ook op meer aaspunte geplaas word en dit is ideaal om as deel van ’n puls-lokaasprogram te gebruik.
Fig3. Rodex Korrels
Fig.4 Raptor Plak
Dit is belangrik om ’n goedgekeurde knaagdierbeheerprogram te volg en die veilige en verantwoordelike toediening van knaagdierdoder te verseker. Dit sal verhoed dat weerstand opbou en dat skade aan ander diere en mense berokken word.
Vir meer inligting, besoek CropLife SA se hulpbronblad by www.croplife.co.za/resources/. AVIMA ondersteun slegs knaagdierbestuursprogramme wat gebruik maak van geregistreerde produkte in lokaashouers of direk in die knaagdier se gate geplaas kan word, sodat dit nie ander diere of voëls skade berokken nie.