AVIMA-produkte

Ons uitgebreide produkreeks sluit in: gewasbeskerming, siektevektorbeheer (malaria en ander), stedelike plaagbeheer en gespesialiseerde produkte vir die beheer van tsetsevlieg en sprinkane. Saam met ons pasgemaakte ondersteuningsdienste en logistieke oplossings, kan jy op ’n allesomvattende vennootskap staatmaak.

AVIMA is verbind tot ’n holistiese benadering om te verseker ons kliënte het toegang tot die mees geskikte en gehalte produkte in die mark. Om seker te maak ons produkte word effektief en veilig gebruik, bied ons deurgaans ondersteuning deur advies, opleiding en produkrentmeesterskap.

GEWAS BESKERMING

Ons uitgebreide produkreeks sluit insekdoders, onkruiddoders, swamdoders, slakdoders, plantgroeireguleerders, saadbehandelings, beskerming van gebergde produkte, spesialiteit- plaag- en sprinkaanbestuur asook benatters (bymiddels), in.

Word vandag nog ’n vennoot en deel in die holistiese oplossings en steun wat ons jou landbouonderneming bied.

GEïNTEGREERDE   VEKTORBESTUUR

Ons spesialiseer in malariavektorbeheer en tsetsevliegbestuur en het reeds met groot sukses saam met van die voorste ondernemings en nasionale regerings dwarsoor Afrika suid van die Sahara gewerk in die doeltreffende beheer van hierdie plae en siektes. Ons sukses kan toegeskryf word aan ons geïntegreerde benadering ten opsigte van ons produkoplossings. Dit sluit in die inwin van inligting, die ontwikkeling en uitbreiding van ons vaardighede, prosesse en hulpbronne, asook ons dienslewering op grondvlak om lewens te beskerm teen die dodelike siektes wat deur vektors oorgedra word

OMGEWINGSGESONDHEIDS BESTUUR

’n Gesonde omgewing lei tot ’n gelukkige en produktiewe gemeenskap. Daarom is ons daartoe verbind om higiëniese en plaagvrye omgewings te skep. Ons doen dit met ons uitgebreide reeks omgewingsgesondheidsprodukte. Ons aanbod sluit algemene plaagbestuur, knaagdierdoders asook vlieg- en termietbestuur in. In ons strewe na volhoubaarheid, is ons verbind tot ons verantwoordelikheid teenoor die omgewing.

Ons betroubare vennote

Ons vennootskappe met Klub M5 en Ortus stel ons verder in staat om ons holistiese aanbod te vergroot. Ortus, met hulle terbufos-gebaseerde formulering, is die voorloper in die mark vir die beheer van insekplae en aalwurms wat tot ’n verhoging van gewasopbrengste lei. In hul strewe na volhoubare landbou, is Klub M5 se Geïntegreerde Plaagbestuurprogramme (GPB) ’n belangrike toevoeging tot ons aanbod

(+27) 11 769 1300

info@avima.co.za

Aschenbergstraat 18,
Chamdor,
Krugersdorp,
Suid-Afrika

Die maatstaf vir 'n

beter toekoms