Ons uitgebreide portefeulje sluit in: insekdoders, onkruiddoders, swamdoders, slakdoders, plantgroeireguleerders, saadbehandelings, beskerming vir gebergde produkte, spesialis plaag- en sprinkaanbestuur asook benatters (bymiddels) in.

Insekdoders

Nie alle insekte is skadelik nie. Dit beteken egter nie dat jou gewasse nie deur die skadelike insekte geraak sal word nie. Danksy ons produkreeks, kundigheid en insig, kan ons help om jou swaarverdiende opbrengs teen die bedreiging van insekte te beskerm.

Onkruiddoders

Onkruide is ook plante. Om te verseker dat jou gewasse die kompetisie van onkruide oorleef, het jy die regte produkte en kundigheid nodig. Ons reeks onkruiddoders en ons bekwame personeel het ’n nommerpas oplossing hiervoor.

Swamdoders

Mikroörganismes maak deel uit van die balans in die natuur, maar kan ongewenste probleme in gewasse veroorsaak. Ons reeks swamdoders sal help om jou plante teen onnodige skade van hierdie swamsiektes te beskerm.

Slakdoders

Slakke en naakslakke beweeg dalk stadig, maar kan aansienlike skade aan plante veroorsaak. Ons bied volhoubare oplossings wat hulle selfs nog stadiger sal maak.

Plantgroeireguleerders

Plante moet soms beheer word, hetsy om hulle groei te verbeter, te vertraag of te manipuleer. Ons kan help om te verseker jou plante presteer soos jy wil hê hulle moet.

Saadbehandeling en die beskerming van gebergde produkte

Saad verteenwoordig nuwe lewe en groei en word uiteindelik ’n voedingsbron vir mens en dier. Die beskerming van die saad voor plant en na oes, maak deel uit van die beskermingsketting om te verseker dat gehalte voedsel geproduseer word. Ons reeks produkte sal die potensiaal van jou saad beskerm.

Spesiale plaag- en sprinkaanbestuur

Soms is daar ’n sporadiese uitbreek van sekere plae wat nie deel uitmaak van die gewone plae nie. Dit is dan wanneer spesialisprodukte en kundigheid vereis word. Derhalwe bied ons oplossings vir die bestuur van sprinkane en tsetsevlieë.

Byvoegmiddels

Om seker te maak die chemikalieë in ons produkte funksioneer te alle tye optimaal, bied ons ’n verskeidenheid benatters (bymiddels) om die werkverrigting van jou landbouchemikalieë te verbeter.

Kannar Earth Science

Kannar is ‘n organiese produkreeks wat deur AVIMA versprei word wat fokus op insekdoders en swamdoders.

StemdoC

Demonstrasievideo

StemdoC

Demonstrasie Video

Ons betroubare vennote

Ons vennootskappe met Klub M5 en Ortus stel ons verder in staat om ons holistiese aanbod te vergroot. Ortus, met hulle terbufos-gebaseerde formulering, is die voorloper in die mark vir die beheer van insekplae en aalwurms wat tot ’n verhoging van gewasopbrengste lei. In hul strewe na volhoubare landbou, is Klub M5 se Geïntegreerde Plaagbestuurprogramme (GPB) ’n belangrike toevoeging tot ons aanbod.

(+27) 11 769 1300

info@avima.co.za

Aschenbergstraat 18,
Chamdor,
Krugersdorp,
Suid-Afrika

Die maatstaf vir 'n

beter toekoms