Ons spesialiseer in malariavektorbeheer en tsetsevliegbestuur en het reeds met groot sukses saam met van die voorste ondernemings en nasionale regerings dwarsoor Afrika suid van die Sahara gewerk in die doeltreffende beheer van hierdie plae en siektes.
Malariavektorbeheer
Malaria kom wydverspreid in die tropiese en subtropiese streke voor en is een van die mees algemene vektordraende siektes in Afrika. Afgesien van aansienlike sukses wat daar reeds met malariabeheerprogramme behaal is, bly dit steeds in talle lande een van die belangrikste openbaregesondheidskwessies.
Tsetsevliegbestuur
In die beheer van tripanosomiase is dit dikwels die goedkoopste en vinnigste om die plaag te beheer deur die aantal vektors en die geleenthede vir kontak tussen mens en vektor, te verminder. Vir permanente resultate is dit egter nodig om die vektors uit te roei.
Ons betroubare vennote
Ons vennootskappe met Klub M5 en Ortus stel ons verder in staat om ons holistiese aanbod te vergroot. Ortus, met hulle terbufos-gebaseerde formulering, is die voorloper in die mark vir die beheer van insekplae en aalwurms wat tot ’n verhoging van gewasopbrengste lei. In hul strewe na volhoubare landbou, is Klub M5 se Geïntegreerde Plaagbestuurprogramme (GPB) ’n belangrike toevoeging tot ons aanbod
(+27) 11 769 1300
info@avima.co.za
Chamdor,
Krugersdorp,
Suid-Afrika