’n Gesonde omgewing lei tot ’n gelukkige en produktiewe gemeenskap. Daarom is ons daartoe verbind om higiëniese en plaagvrye omgewings te skep. Ons doen dit met ons uitgebreide reeks omgewingsgesondheidsprodukte.

Algemene plaagbestuur

Om doeltreffende plaagbeheer te bewerkstellig, is die volgende nodig: Geïntegreerde Plaagbestuur (GPB), toepaslike meganiese toerusting, effektiewe chemikalieë en professionele personeel.

Knaagdierdoders

Knaagdierdoders is plaagdoders wat knaagdiere, insluitende muise, rotte en springhaasrotte, dood. Die produkte is geformuleer as lokaas en kan deel uitmaak van ’n volhoubare knaagdierbeheerprogram.

Termietbestuur

Termietbestuurstelsels maak gebruik van gespesialiseerde chemiese of fisiese produkte ontwerp om termiete uit geboue te hou.

Ons betroubare vennote

Ons vennootskappe met Klub M5 en Ortus stel ons verder in staat om ons holistiese aanbod te vergroot. Ortus, met hulle terbufos-gebaseerde formulering, is die voorloper in die mark vir die beheer van insekplae en aalwurms wat tot ’n verhoging van gewasopbrengste lei. In hul strewe na volhoubare landbou, is Klub M5 se Geïntegreerde Plaagbestuurprogramme (GPB) ’n belangrike toevoeging tot ons aanbod.

(+27) 11 769 1300

info@avima.co.za

Aschenbergstraat 18,
Chamdor,
Krugersdorp,
Suid-Afrika

Die maatstaf vir 'n

beter toekoms