AVIMA-dienste
Ons verbintenis strek veel verder as net die blote verskaffing van produkte. Dit is deur vennootskap, rentmeesterskap en volgehoue steun dat ons dit regkry om ’n daadwerklike en volhoubare verskil te maak. ’n Kombinasie van bykans 60 jaar se ervaring, ’n hoogs ervare en toegeruste span, ons noue verbintenis met alle rolspelers in die bedryf en ons diverse produkoplossings, verseker dat jy met vertroue op ons knoppie kan druk wat ook al jou behoeftes.
SLEUTEL DIENSTE
- Verspreiding op ’n makro- en mikrovlak
- Verpakking en logistiek
- Produkrentmeesterskap en ondersteuning in die veld
- Tegniese steun en opleiding
Sleutel Dienste
- Verspreiding op ’n makro- en mikrovlak
- Verpakking en logistiek
- Produkrentmeesterskap en ondersteuning in die veld
- Tegniese steun en opleiding
ORTUS
Ortus Chemicals is ’n trotse vennoot van AVIMA en dra by tot spesifieke en unieke behoeftes binne veral die Suid-Afrikaanse mark. Ortus se terbufos-gebaseerde formulering, bemagtig boere om insekplae en aalwurms te beheer en sodoende gewasopbrengste te verhoog. Hulle het sedert hulle ontstaan reeds buitengewone resultate behaal.
TOLFORMULERING
AVIMA verskaf tolformuleringsdienste aan landbou- en tuinbou-chemiese maatskappye deur saam met die tolformulering ook die verpakking van vloeibare formulerings vir landbou- en kleinhandelsdoeleindes, te verskaf. Buiten die terbufos-formulerings, verskaf Ortus ook topgehalte tolformulerings vir grootmaat droë (korrel- en poeier-) produkte vir talle bekende landbouchemiese maatskappye.
Ons betroubare vennote
Ons vennootskappe met Klub M5 en Ortus stel ons verder in staat om ons holistiese aanbod te vergroot. Ortus, met hulle terbufos-gebaseerde formulering, is die voorloper in die mark vir die beheer van insekplae en aalwurms wat tot ’n verhoging van gewasopbrengste lei. In hul strewe na volhoubare landbou, is Klub M5 se Geïntegreerde Plaagbestuurprogramme (GPB) ’n belangrike toevoeging tot ons aanbod
(+27) 11 769 1300
info@avima.co.za
Chamdor,
Krugersdorp,
Suid-Afrika